魔鏡歌詞網
魔鏡歌詞網 > 歐美歌手 > Kobus! > Gee Raat!

Kobus!



歌詞
專輯列表

Kobus!

Gee Raat!

作詞:Francois Blom, Theo Crous

Die Oudstryders sê daar's 'n raat vir elke kwaal
Vir litdorings, vuilsiek en wurms uithaal
Vir asma en spuitpoep en die pyn in jou nek
Om vlooie en luise op jou pubis te laat vrek

Gee 'n raat vir die pyne
Gee raat asseblief ou toppie
'N Raat vir die kriewelrige
Hypothalamus in my brein

Gee 'n raat vir my vrou se bek
Die skuldinvorderaar hier voor my hek

Gee 'n raat vir my dobbelkoors
My onvermoë, my moedverloor
Die Oudstryders sê daar's 'n raat vir elke kwaal
Ja, elke ou pruim het sy eie verhaal

'Hoe om te sorg dat jou hare blink'
'Wat om te doen as jou voete stink'
Gee 'n raat asseblief ou toppie vir my rokery
My skelm gevry

Gee 'n raat vir die polsende, stomende
Jukkende selfverwyt

Gee 'n raat ou man vir my lewensplan
Die prys van sneeu, die nuwe eeu
Gee 'n raat vir die wriemelende
更多更詳盡歌詞 在 ※ Mojim.com 魔鏡歌詞網
Amiglaeda in my brein

Gee 'n raat vir my vrou se bek
Die skuldinvorderaar voor my hek

Gee 'n raat vir my dobbelkoors
My onvermoë, my moedverloor
Gee 'n raat vir die pyne
Gee 'n raat asseblief ou toppie

'N Raat vir die kriewelrige
Hypothalamus in my brein
Sê my Gelowige Grysaards wat staan jou te doen
As 'n huilende vrou jou nagtelik kom soen?

Wanneer skaduwee kindertjies in jou kamer kom speel
En in kindertuinrympies hul lekkers met jou deel?
Vertel my Verkalkte Kwak wat moet ons drink
Om die silhoeëte te kuur wat aan die voetenent wink?

Het jy 'n resep of 'n blaartjie te kou
Wat die dooie gesigte uit my drome sal hou?
Gee raat!

Die Ou Swepe sê
'Daar's 'n raat vir elke kwaal'
Maar watse pil kou jy
As die Donker jou kom haal?